1 resultado para Vir Mercurialis
em Greenwich Academic Literature Archive - UK
Resumo:
The objective of this cross-sectional study was a comprehensive nutrition and health assessment to provide a basis for future intervention strategies for an elderly population attending a day-care centre. Socio-demographic, health and 24-hour recall dietary intake questionnaires were administered and anthropometric and biochemical measurements taken. The results indicate that the majority of respondents had an income of between R501 and R1 000 (South African rand) per month and most of them reported an occasional lack of funds to meet basic household needs, confirming the presence of food insecurity. Daily dietary intakes (mean [+ or -] Standard Deviation [SD]) of the women were 5 395 [+ or -] 2 946 kJ energy, 47 [+ or -] 27 g protein, 28 [+ or -] 21 g fat and 196 [+ or -] 123 g carbohydrates compared to 8 641 [+ or -] 3 799 kJ, 86 [+ or -] 48 g, 49 [+ or -] 32 g and 301 [+ or -] 139 g of the men, respectively. The majority (83.6%) of the women were overweight (body mass index [BMI] [greater than or equal to] 25) or obese (BMI [greater than or equal to] 30) whilst 78% had a mid-upper arm circumference (MUAC) of [greater than or equal to] 21.7 cm. Mean intakes of micronutrients were low in comparison to reference standards and serum zinc levels were suboptimal. Obesity, hypertension and raised total serum cholesterol levels indicated an increased risk for coronary heart disease. It can be concluded that a low income, household food insecurity and risk factors associated with malnutrition and non-communicable diseases were prevalent in this elderly population. OPSOMMING Die doelwit van hierdie dwarssnitstudie was ‘n omvattende bepaling van voeding- en gesondheidstatus om as basis te dien vir toekomstige intervensiestrategieë vir ’n groep bejaardes wat ’n dagsentrum besoek. Sosiodemografiese, gesondheid- en 24-uur herroep-dieetinname vraelyste is voltooi en antropometriese en biochemiese metings is geneem. Die resultate het bevestig dat die meerderheid respondente ‘n maandelikse inkomste van tussen R501 en R1 000 (Suid-Afrikaanse rand) gehad het. Die meeste het ‘n geldtekort vir basiese huishoudelike behoeftes gerapporteer wat dui op huishoudelike voedselinsekuriteit. Daaglikse dieetinnames (gemiddeld±standaardafwyking [SA]) van die vroue was onderskeidelik 5 395±2 946 kJ energie, 47±27 g proteïen, 28±21 g vet en 196±123 g koolhidrate in vergelyking met 8 641±3 799 kJ, 86±48 g, 49±32 g en 301±139 g vir die mans. Die meerderheid (83.6%) van die vroue was oorgewig (liggaamsmassa-indeks [LMI] >25) of vetsugtig (LMI > 30) en 78% het ’n middel-bo-armomtrek (MUAC) van > 21.7 cm gehad. Gemiddelde mikronutriëntinnames was laag in vergelyking met die verwysingstandaarde en serumsink was suboptimaal. Vetsug, hipertensie en verhoogde totale serumcholesterolvlakke het op ‘n verhoogde risiko van kardiovaskulêre siekte gedui. Die resultate het dus bewys dat lae inkomste, huishoudelike voedselinsekuriteit en die risikofaktore wat met wanvoeding en leefstylsiektes geassosieer word, teenwoordig was.